)

Diné le Roux – Sekondêre Meisieskool Oranje

Diné le Roux. Sekondêre Meisieskool Oranje Graad 11 leerder, Diné le Roux, het in die afgelope skoolvakansie ’n ware sportmarathon beleef.

Met haar groot liefde vir sowel atletiek as netbal, het Diné nie geskroom om haar vakansie vir haar passie te verruil nie. En dit het groot welslae ingehou. Aan die begin van die vakansie het sy aan Atletiek Suid-Afrika se nasionale o.16-, o.18-, o.20- en o.23-byeenkoms in Pretoria deelgeneem. Hier sy die derde plek in die 100 m-hekkies (o.18) behaal het.

Dié blitsige senter van die eerste netbalspan het tussendeur haar spykerskoene vir netbaltekkies verruil om in die Menlopark-netbaltoernooi te speel. Oranje se eerste netbalspan was skaars tuis op eie bodem en hulle eerste koppie koffie skaars koud, toe wag hulle vlug na Kaapstad. Daar het hulle in die Paarl aan die La Rochelle Girls’ High se toernooi meegeding.

Ná nog ’n uitdagende toernooi wat Oranje gewen het, het Diné enkele dae later aan die Nasionale Skole-atletiekkampioenskap deelgeneem. Daarvoor het sy in die Paarl agtergebly. Hier het sy ’n goue medalje in die o.17 100 m-hekkies verower. Diné noem dat, alhoewel sy nie uitgerus was ná die kort vakansie nie, sy enigiets sal opoffer vir dit waarvoor sy lief is. Haar deursettingsvermoë en passie is ’n bewys van haar toewyding aan haar skool en liefde vir sport.

“ ’n Rustige vakansie is lekker, maar om vir my skool te presteer, hard te werk en daarvoor beloon te word, laat dit my beker oorloop!” sê Diné.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjemeisies.co.za

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal