SA Skole Atletiekkampioenskap. Twee atlete van Hoërskool Jim Fouché het puik presteer by die SA Skole Atletiekkampioenskap in die Paarl.
Bertie Cruywagen pronk met 1 goue en 2 silwer medaljes. Hy was tweede in die 100m asook 200m vir seuns 0/19. Hy Bertie was ook deel van die seuns o/19-aflosspan wat goud vir die Vrystaatspan gewen het.
Danelle Oelofse behaal ‘n 3de plek met die 2000m- hindernis vir dogters 0/16.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf