)

Oranje Hokkie – Pa se nalatenskap op OMS astro voortgesit

Oranje Hokkie. Mnr. Braam van Wyk was lank ’n instelling by Hoër Meisieskool Oranje se hokkie. Nou, vyftien jaar later, sit sy dogter, me. Amoré van Wyk, die Van Wyk-nalatenskap voort.

Sy rig vanjaar die o.16B hokkiespan af. Me. Amoré het verlede week as spanbestuurder en hulpafrigter van die o.14A-span ingestaan. Hierdie span het die St. John’s-toernooi in Pietermaritzburg oortuigend gewen.

Amoré se pa het Oranje se 1ste span van 1993 tot 2009 afgerig waarin OMS 9 keer die Vrystaatkampioen was.

Vier spelers – Pietie Coetzee, Anli Kotzé, Hettie van der Walt (née Oosthuizen) en Cornelle Holtzhausen (née Botha) – wat hy in dié tyd gebrei het, het later senior Proteas geword.

Me. Amoré het self vir Oranje se 1stes tussen 2005 en 2007 uitgedraf. Sy het ook later vir die Vrystaatse senior span gespeel. Sy het vanaf 2008 tot 2010 by OMS afgerig waarna sy na Johannesburg verhuis het. Sy is nou weer ‘n Bloemfonteiner.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjemeisies.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal