Interprovinsiale Skiet proewe. Drie leerders van Hoërskool Ermelo het Saterdag, 2 Maart, Mpumalanga verteenwoordig.Hulle het gekwalifiseer vir die Interprovinsiale Skiet proewe in Vryheid teen KwaZulu Natal.
Die finale tellings na die drie posisies (staan, sit en lê) en addisionele staankaarte op dag 1 en 2 is as volg:
- Marla De Jager: algeheel vierde o.21 en eerste plek van die dogters. Haar telling was 1427 uit 1600.
- Dehandri Morkel: algeheel agtste o.21 en derde plek van die dogters met 1393 uit 1600.
- AJ Verster: algeheel sewentiende en tiende van die seuns met 1309 uit 1600.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf