Valentynsbal 2024. Wat spel rooi harte, vrolike ballonne, ‘n mooi getooide skoolsaal, jong dames, sjarmante jong manne en hope energie? Hoërskool Bredasdorp se jaarlikse valentynsbal, natuurlik.
Die Valentynsbal 2024 het die aand afgeskop met die graad 8-nuwelinge wat, gewapen met hulle besemstokke en oorgenoeg entoesiasme, die eerste uur saam met die matrikulante kon bywoon. Al was hul eerste amptelike hoërskoolsokkie net ‘n uur lank vir dié groentjies, het hulle dit verskriklik geniet. Daarna het die glansaand aan die graad 9 tot 12-BD’s behoort.
Die feit dat die dansbaan die ganse aand omtrent stampvol was, wys dat vanjaar se matriekraad, onder leiding van mee Estelle Genis en Eloïse du Plessis, hulle uitstekend van hul taak gekwyt het.
Die BD’s het definitief geen tekort aan gees nie!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf