Skole krieket. Hoërskool Fichardtpark, Bloemfontein, se 1ste krieketspan het ‘n skole krieket wedstryd gespeel teen die 1ste span van St Domominics, Welkom.
Fichies het die loot gewen en het besluit om eerste te boul. St Dominics is beperk tot 100 lopies, almal uit.
Fichies se beste boulers:
- Eben Botha laat 3 paaltjies val vir 17 lopies
- Stian Kruger neem 3 paaltjies vir 26 lopies
- Devanté Claasen neem 2 paaltjies vir 22 lopies
Fichies se beste kolwers:
- Eben Botha behaal 58 lopies van slegs 25 balle
- Davyd Oosthuizen behaal 26 lopies van 37 balle
Fichies teken die wenlopies in 12.1 beurte aan en wen St Domominics met 8 paaltjies.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








