Pro Series Indoor Hockey. Drie hokkieseuns van Hoërskool Ermelo het vanaf 13 tot 21 Desember deelgeneem aan die Pro Series Indoor Hockey Nasionale kampioenskap te Kaapstad.
Willem Jacobsz, Ryan Buys en Nathan Herbst is in die PSi Cheetahs se o.14-span ingesluit. Nathan was ook die kaptein van die span. Die PSi Cheetahs het sewende geëindig in hul poel.
Die Nasionale binnenshuise hokkietoernooi het terselfdertyd plaasgevind en die seuns kon hulle Suid-Afrikaanse helde ontmoet en saam met hulle foto’s neem.
Die seuns het waardevolle ervaring en vaardighede ontwikkel en het groot vooruitsigte vir 2024.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








