SA Skole Tennis. Hoërskool Ermelo leerder, Henning Romijn, het deelgeneem aan die InterPro SA Skole Tennis Kampioenskap. In hierdie kompetisie ding leerders mee om moontlik gekies te word vir die SA Skolespan.
Henning het vyf uit ses van sy wedstryde gewen en word aangewys as die reserwe vir die Suid-Afrikaanse o.15 span wat in Junie op Wimbledon gaan deelneem.
Hy het ook onderskeidelik sy opponente vanuit KwaZulu-Natal, Wes-Kaap, Limpopo, Dias, Zimbabwe en Gautengsentraal gewen.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf