Pak 2024 Positief. Hoër Meisieskool Oranje, Bloemfontein, se nuwe hoofleiers, Naledi Botsane, Mari Nortje en Alana Beukes, is ná die ATKV-jeugleiersimposium by die Goudini Spa opgewonde om aanstaande jaar met optimisme aan te pak.
Mari sê sy het by die simposium geleer positiwiteit kos niks. “Dis elke dag ’n keuse om met ’n positiewe gesindheid op te staan. Dit kan soveel mense inspireer!
“Ons het weereens besef wat ’n groot voorreg dit is om in ’n skool soos Oranje te wees wat ons soveel geleenthede bied. Ons is dankbaar vir elke geleentheid!”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








