)

Kersfeesgees – Mej Novels Hoërskool De Aar besoek Ouetehuis

Kersfeesgees. Mej. Novels Hoërskool De Aar het Woensdag, 29 November, die plaaslike ouetehuis, Sonder Sorge, besoek. Die doel van hierdie besoek was om die Kersfeesgees en ‘n gevoel van vreugde en waardering met die bejaardes te deel.

Mej. Novels Hoërskool De Aar, Anke van der Westhuizen, en haar eerste prinses, Annika Bouwer, het ‘n spesiale oggend beplan. Hulle het die bejaardes vermaak en bederf.

By die ouetehuis het Anke van der Westhuizen haar sangtalent ingespan en die bejaardes bekoor met pragtige liedjies. Annika Bouwer het op haar beurt weer bloedrooi rose uitgedeel, asook ‘n spesiale kaartjie met ‘n sjokolade.

Hoewel die feesseisoen dikwels gekenmerk word deur vreugde en feesvieringe, is dit ook ‘n tyd waarin ons nie diegene wat die pad van die lewe al lank gestap het, moet vergeet nie. Dit is belangrik om ons bejaardes te koester en te wys dat hulle waardevol is, nie net gedurende die feesseisoen nie, maar deurlopend. Dit het die twee leerders van Hoërskool De Aar baie goed reggekry! Die besoek is afgesluit in die siekeboeg waar die leerders ook daardie bejaardes gaan bederf het met ‘n geskenkie en spesiale woordjie.

Die waardevolste geskenk wat jy iemand kan gee is jou tyd, jou aandag, en jou teenwoordigheid. Koester jou geliefdes, sodat hulle altyd weet hoe baie hulle vir jou beteken- Roy T. Bennett.

Foto: Anke en Annika vermaak die bejaardes

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.hsda.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal