Fichies neem afskeid. Op Dinsdag, 28 November, het Fichies afskeid geneem van hulle geliefde adjunkhoof, mnr Abrie Myburgh. Mnr Myburgh tree na 37 jaar se getroue diens in die onderwys, af.
Mnr Myburgh was ‘n ware steunpilaar en het ‘n groot rol in die vooruitgang van Hoërskool Fichardtpark gespeel. Een van die sprekers by die geleentheid, mnr Michael Barker, voormalige skoolhoof van Fichies, wat 17 jaar saam mnr Myburgh gewerk het, het ook ‘n eerbetoon gelewer.
Mnr Herman van der Merwe, huidige skoolhoof, het sy toespraak heel gepas afgesluit met die gedig:
Generaal de Wet: Stil, broers, daar gaan ‘n man verby en dis verlaas. Daar’s nog maar een soos hy, bekyk hom goed!




Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








