Mpumalanga seuns tennis-kampioenskap. Hoƫrskool Ermelo leerder, Henning Romijn, het aan die Mpumalanga o.15 seuns tennis-kampioenskap deelgeneem op 4 en 5 November.
Aan die einde van die toernooi is Henning gekroon as die o.15 kampioen. Hy wen die kampioenskap en is nommer een in die provinsie vir seuns o.15. Henning en die span gaan vanaf 10 tot 13 Januarie 2024 aan die SA-Skole Interprovinsiale tennis-toernooi in Pretoria deelneem.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








