)

ATKV Toneelfinaal – Grenslose talent bekroon

ATKV Toneelfinaal. ’n Swaargewig-beoordelaarspaneel moes behoorlik kopkrap om die wenners van die gewilde ATKV-Tienertoneel- en ATKV-Tjokkertoneelkompetisies aan te wys danksy grenslose tieners en tjokkers wat met hul passie die verhoog aan die brand gespeel het.

Niemand anders nie as die Hoërskool Parel Vallei met Wegwêreld het daarin geslaag om die beoordelaars met hul puik spel te oorrompel. Hulle is as die nasionale ATKV-Tienertoneelwenner aangewys.

Die Hoërskool Parel Vallei het ook die tweede plek behaal met die produksie 23KG.

Die Hoërskool Martin Oosthuizen, Kakamas, met Bulldozer is as die derdeplekwenner van ATKV-Tienertoneel 2023 aangewys.

Die eerste amptelike ATKV-Tjokkertoneelfinaal was deel van die grenslose ATKV-Toneelfinaal. Curro Durbanville Laerskool het met AGT het met die louere weggestap as die nasionale ATKV-Tjokkertoneelwenner vir 2023.

Die ATKV-Toneelfinaal het plaasgevind vanaf 3 tot 5 Oktober in die Lyric-teater by Gold Reef City in Johannesburg. Die beste jong toneeltalent is tydens ’n spogprysuitdeling op 6 Oktober aangewys. ’n Grenslose aanbieding van kleur en choreografie, verweef met kwinkslae van die akteur en komediant Solomon Cupido as seremoniemeester, het gesorg vir ’n ATKV-ervaring soos min.

Beoordelaars

Die beoordelaars, Jacques Bessenger, Mari Molefe van Heerden, André Lötter, prof. Marié-Heleen Coetzee, Lindsey Cele, Solomon Cupido, Marlo Minnaar en Wilhelm van der Walt was dit eens dat die top-18-produksies tydens die ATKV-Toneelfinaal kreatiewe baanbrekerswerk is en dat die toekoms van die teater met súlke talent en innovasie gesond is.

“Om by die ATKV-Tienertoneel betrokke te kon wees, was meer inspirerend vir my as wat ek sou kon dink. En om te sien hoeveel talent daar is op skoolvlak, in terme van die spel, skryf, tegniese vaardighede en regie, maak my opgewonde vir die toekoms van ons bedryf,” sê André.

Lindsey gaan akkoord met André: “ATKV-Tienertoneel was vir my so ’n ongelooflike ervaring. Om die toekoms van teater en die talent wat hierdie jong tieners het, te sien, was so inspirerend. Dit het my hoop gegee vir wat kom in Suid-Afrikaanse vermaak. Om hul talent op die verhoog te kon aanskou en dan ook hul nederigheid en gretigheid om te leer en te verbeter in die mentorsessies te sien, het my opgewonde gemaak om te weet dat ons nie net talentvolle toekomstige vermaaklikheidskunstenaars het nie, maar ook pragtige mense. Ek glo die toekoms van teater in Suid-Afrika is in besonder talentvolle en volwasse hande. Ek is so dankbaar vir die platform wat die ATKV geskep het om uitstekende storievertelling vir nou en vir die toekoms te koester.”

3 200 Grenslose tieners

Meer as 3 200 grenslose tieners van regoor Suid-Afrika het vanjaar aan die ATKV-Tienertoneelkompetisie deelgeneem. Die top 12 produksies is na die nasionale finaal genooi. Dit sluit die top-2-produksies in wat in die slegs-leerderskategorie meeding. In dié unieke kategorie is slegs leerders betrokke by al die aspekte van teatermaak.

Die beste slegs-leerdersproduksie tydens die ATKV-Tienertoneelfinaal 2023 is die Hoërskool Parel Vallei met Slaansak.

Hier volg ’n volledige lys van wenners tydens ATKV-Tienertoneel 2023 se nasionale finaal:

  • Die beste verhoogbestuurder is: Ella Penninkhof van die Hoërskool Parel Vallei met Wegwêreld.
  • Die beste klankoperateur is: Owen van der Linde van die Hoërskool Jan van Riebeeck met Praat gou weer.
  • Die beste beligtingsoperateur is: Danielle van der Watt van die Hoërskool Noordheuwel met As die sinkdakke kon skree.
  • Die beste hantering van tegniese aspekte is: Die Hoërskool Parel Vallei met Wegwêreld.
  • Die mees belowende spel in ’n rol behoort aan: Darren Cloete van die Hoërskool Jan van Riebeeck as Daniël in Praat gou weer.
  • Die beste akteur in ’n ondersteunende rol is: Joshua Simone van die Hoërskool Parel Vallei as Brumilda Brummel in Wegwêreld.
  • Die beste aktrise in ’n ondersteunende rol is: Jana du Piesanie van die Hoërskool Durbanville as Olivia in Die S-effek.
  • Die beste akteur in ’n hoofrol is: Paul Strydom van die Hoërskool Parel Vallei as Tomie in Wegwêreld.
  • Die beste aktrise in ’n hoofrol is: Danelle Jacobs van die Hoërskool Martin Oosthuizen as William in Bulldozer.
  • Die beste ensemblewerk is toegeken aan: Die Hoërskool Parel Vallei met die produksie Wegwêreld.
  • Die beste regisseur is: Darryl Spijkers van die Hoërskool Parel Vallei met Wegwêreld.

Die beste media-en-bemarkingsportefeulje tydens die ATKV-Tienertoneelkompetisie vir 2023, het ook ’n kontantprys van R5 000 ontvang. Dit is Die Hoërskool Parel Vallei vir uitnemende en volgehoue bemarking van die produksies Stoep, Slaansak, 23KG en Wegwêreld.

Die beste nuutgeskrewe tekste tydens die ATKV-Tienertoneelkompetisies van 2022 en 2023, wat elk ’n kontantprys van R5 000 ontvang, is ook aangewys tydens hierdie spoggeleentheid.

  • Jo-Aithne Stemmet vir vir haar teks, Andras Man,van die Selborne College in Oos-Londen is as die 2022-wenner gekroon.
  • Nico Scheepers vir vir sy teks, Lyf,van die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp is as die 2023-wenner gekroon.
  • Die beste slegs-leerdersproduksie tydens die ATKV-Tienertoneelfinaal 2023, wat ook ’n kontantprys van R10 000 ontvang, is: Die Hoërskool Parel Vallei met Slaansak.
Top 3 produksies

Die top-3-produksies ontvang ’n kontantprys en die wenproduksie maak ook sy professionele buiging tydens die Toyota US Woordfees op 14 en 15 Oktober 2023 in Stellenbosch.

  • Die derdeplekwenner, wat ook met ’n kontantprys van R10 000 wegstap, is: Die Hoërskool Martin Oosthuizen met Bulldozer.
  • Die naaswenner, wat ’n kontantprys van R20 000 wen, is: Die Hoërskool Parel Vallei met 23KG.
  • Die beste produksie en wenner van R30 000, asook die ATKV-Tienertoneelwisseltrofee, is: Die Hoërskool Parel Vallei met Wegwêreld.

Meer as 600 grenslose tjokkers van regoor Suid-Afrika het vanjaar aan die ATKV-Tjokkertoneelkompetisie deelgeneem. Die top 6 produksies is na die eerste nasionale finaal vir tjokkers genooi.

Volledige lys van wenners tydens ATKV-Tjokkertoneel 2023 se nasionale finaal:
  • Die beste hantering van tegniese aspekte deur tjokkers is: Die Laerskool Roodekrans met Woudwonde.
  • Die beste tjokkerakteur is: Hanru Meyer van die Laerskool Roodekrans as Basjan in Woudwonde.
  • Die beste tjokkeraktrise is: Judi Hattingh van die Curro Durbanville Laerskool as Julie in AGT.
  • Die beste tjokkerensemble is toegeken aan: Die Curro Durbanville Laerskool met die produksie AGT.
  • Die beste tjokkerregisseur is: Cecilia Wesson van die Curro Durbanville Laerskool met AGT.
  • Die beste produksie en wenner van R10 000, asook die ATKV-Tjokkertoneeltrofee, is: Die Curro Durbanville Laerskool met AGT.

Kyk hier na hoogtepunte van die grenslose prysuitdelingseremonie op 6 Oktober:



Van links: Ella Penninkhof, Parel Vallei met Wegwêreld – Beste verhoogbestuurder; Danelle van der Watt, Hoërskool Noordheuwel met
As die sinkdakke kon skree praat – Beste beligtingoperateur; Owen van der Linde, Hoërskool Jan van Riebeeck met praat gou weer – Beste klankoperateur
Van links: Beste hantering van tegniese aspekte, Parel Vallei met Wegwêreld; Darren Cloete van Jan van Riebeeck as Daniël in Praat gou weer –
mees belowende spel in rol; Joshua Simone va Parel Vallei as Brumilda Brumilda Brummer in Wegwëreld, beste akteur in ondersteunende rol
Van links: Jana Du Pisanie van Hoërskool Durbanville as Olivia in Die S-effek, beste aktrise in ondersteunende rol; Paul Strydom van Parel Vallei
as Tomie in Wegwêreld – beste akteur in hoofrol; Danelle Jacobs, Hoërskool Martin Oosthuizen as William in Bulldozer – beste aktrise in hoofrol
Beste ensemblewerk, Parel Vallei met Wegwêreld
Beste Slegs-leerders produksie, Parel Vallei met Slaansak
Van links: Beste regisseur, Darryl Spijkers, Parel Vallei met Wegwêreld; Hoërskool Martin Oosthuizen met Bulldozer, 3de plek wenner
Naaswenner, Parel Vallei met 23KG
Beste produksie en algehele wenner, Parel Vallei met Wegwêreld
Beste hantering van tegniese aspekte deur Tjokkers, Laerskool Roodekrand met Woudwonde
Die Beste Tjokkerakeur, Hanru Meyer van Roodekrans as Basjan in Woudwonde; Beste Tjokkeraktrise, Judi Hattingh van Curro Durbanville Laerskool
as Julie in AGT; Beste Tjokkerregiseur, Cecilia Wesson van Curro Durbanville Laerskool met AGT
Beste Tjokker ensemble, Curro Durbanville Laerskool met AGT
Beste produksie en wenner van ATKV Tjokker Toneel – Curro Durbanville Laerskool met AGT
Die Beste Tjokkerregisseur, Cecilia Wesson van Curro Durbanville Laerskool

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.pvallei.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal