Affies Tennistoernooi. Hoër Meisieskool Oranje se o.15-tennisspan is die nuwe kampioen van die Affies Tennistoernooi. Oranje, met twee graad 8’s in haar geledere, het Hoërskool Waterkloof Saterdag, 23 September met 12-4 in die eindstryd verslaan.
Die ander uitslae:
- Wen 14-2 t. Hoër Meisieskool Paarl
- Wen 16-0 t. Hoërskool Nelspruit
- Wen 15-1 t. Bethlehem Voortrekker Hoërskool
- Wen 9-7 t. Affies in die halfeind
Cara le Grange het as nommer 2-speler al vyf haar wedstryde in skoon stelle gewen.
Oranje se o.15’s het ook in Mei vanjaar die o.15-afdeling van die Amanda Coetzer-toernooi gewen.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








