KSA Premier League 2. Bethlehem Karate het die afgelope naweek aan die KSA Premier League 2 Karate kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem. Karatekas van regoor die land het aan die kampioenskappe deelgeneem.
Twee karatekas van Witteberg het deelgeneem aan die kampioenskappe en uitters goed gevaar.
- Wilien Botha het Goud verwerf vir Junior Dames Kumite 16/17 jaar.
- Hanré Dreyer het Brons verwerf uit ‘n groep van 19 deelnemers vir Kadet Seuns Kata 14/15 jaar en Brons vir Junior Mans Span Kumite 16/17 jaar waar hulle teen spanne van Kwa-Zulu Natal, Gauteng, Wes Kaap en die Noord Kaap deelgeneem het.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








