FNB Kunsuitstalling. Hoërskool Ermelo se graad 10- en 11-kunsleerders het 8 September op hul jaarlikse kunsuitstappie na die FNB kunsuitstalling in Sandton gegaan.
Leerders het die Madiba beeld deur Kobus Hattingh en ander beeldhouwerke van Anton Smith besigtig. Hulle het ook die Artyli Kontemporêre kunsgalery in Sandton besoek. Daar het hulle die geleentheid gehad om ’n versameling van Kontemporêre kuns van bekende vroulike kunstenaars te besigtig. Die uitstalling, “HERstory”, is ’n groep-uitstalling van 18 vroulike kunstenaars ter viering van vrouemaand.
Die Erries het daarna die FNB kunsuitstalling besoek wat bekend staan as Afrika se beste Kontemporêre kunsuitstalling. Die leerders is hier blootgestel aan verskeie mediums, temas en tegnieke. Uitstallers en gallerye soos die Goodman galery, ArtThrob, David Krut projekte, MOMO galery en vele meer vanuit Afrika, Kaapstad, London en New York se werke is hier uitgestal.
Die leerders het vol inspirasie teruggekeer. Hierdie uitstappie is ’n voorreg wat die kunsleerders geniet en dit verdiep hulle kuns, denkwyse en kreatiwiteit. Hulle ondervind ook die kunswêreld en dit laat hulle anders dink, probleme oplos en met kreatiewe oë na die wêreld om hulle kyk.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf