NW TSA Toernooi. Vier leerders van Hoërskool Rustenburg, Annemie Pretorius, Niané Pretorius, Nicolene Cloete en Waldo de Beer het aan die NW TSA-toernooi te Potchefstroom deelgeneem. Die toernooi is vanaf 8 tot 10 September aangebied en die leerders het skitterend gevaar.
Die volgende prestasies is behaal:
- Annemie Pretorius behaal algeheel 1ste posisie tydens die toernooi in die vroue-afdeling
- Niané Pretorius behaal die 3de posisie
- Nicolene Cloete palm die 4de posisie algeheel in.
- Waldo de Beer was algeheel 4de in die seuns o.16-afdeling

Meer skolenuus: https://https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








