Eskom Expo. Die Eskom Ekspo vir jong wetenskaplikes is ‘n uitstalling, of wetenskapskou, waaraan leerders kan deelneem. HUlle word ‘n kans gebied om aan ander leerders hul projekte oor hul eie wetenskaplike ondersoeke te wys. Daar was hierdie jaar 230 projekte by die Stellenbosch Streek Expo aangebied.
Twee van Hoërskool Swartland, Malmesbury, se leerders Lisa Janse van Rensburg (gr.11) en Leighcar Marshall (gr.11) het vanjaar goed presteer en het elk ‘n brons medalje vir hulle projek ontvang.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf