Sentrale Skole Sportreeks. Fichie sport is Fichie trots! Hoërskool Fichardtpark se Eerste sportspanne het weereens hul skool trots gemaak.
Hierdie dinamiese groep Fichies het die afgelope Saterdag sowel as die afgelope seisoen hul harte uitgespeel in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks. Die Fichie Leeus en die Seuns Hokkie Eerste span is as Wesgrow Kampioene 2023 gekroon.
- Eerstespan Rugby: Fichardtpark 29 – Hoërskool Witteberg 27
- Eerstespan Seuns Hokkie – Fichardpark 4 – Witteberg 0
- Eerstespan Netbal – Fichardtpark 46 – Witteberg 32
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf