SA Hokkie. Drie hokkiespelers van Hoër Meisieskool Oranje is vir nasionale SA Hokkie spanne gekies. Germarie Spershott (o.18A), Carien de Wet (o.18B) en (o.17) is vir nasionale hokkiespanne gekies. Dit is Germarie Spershot se tweede jaar in ‘n ry wat sy gekies is vir ‘n nasionale span.
Hierdie drie was lede van die Suid-Vrystaatspan wat, soos verlede jaar, die Nasionale Kampioen is. Germarie is as die Verdediger van die Toernooi aangewys. Die SA o.18A’s speel 10 en 11 Julie in ’n uitdaagtoernooi in Bloemfontein.
Meer skolenuus: https://https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








