Rugby Kapteins. In ons gewilde reeks oor sport kapteins, gesels Schools That Rock vandag met Petrie van Dyk. Petrie is die 1ste rugbyspan kaptein van Hoƫrskool Robertson. Petrie druk vandag die sestiende drie in ons reeks vanjaar oor Rugby Kapteins van hoƫrskole in Suid-Afrika.
“Ek het reeds op die ouderdom van ses jaar begin rugby speel. Rugby is ‘n kompeterende en fisiese sport. Dit is my passie en ek geniet rugby. Ek het groot geword met rugby en ek was elke Saterdag by die rugbyveld. Ek het ook altyd met verwondering opgekyk na al die groter kinders wat rugby speel!
Dit is baie lank gelede wat ek my eerste rugbywedstryd gespeel het, en ek kan nie baie daarvan onthou nie. Wat ek wel kan onthou van my eerste wedstryd, is dat ek baie opgewonde was en ek kon nie wag om te begin speel nie. Wat ek wel ook van my eerste rugbywedstryd kan onthou, is dat dit baie koud was en dat almal die bal wou hĆŖ. Almal het ook agter bal aan gehardloop.
My raad aan beginners is dat dit nooit te laat is om te begin nie. Jy kan op enige ouderdom begin speel en jou talente ontdek. Werk altyd hard moet nooit opgee nie.
Die posisie wat ek tans speel is haker. Ek het verlede jaar ook nommer 6 gespeel. Ek is egter tevrede met die posisie wat ek tans speel en ek geniet dit.
Die eerste keer wat ek as Rugby kaptein gekies is, was na ons toer en die Oakdale Rugbyweek. Die eerste keer wat ek as Rugby Kaptein op die veld gedraf het was ek trots op myself, maar ook HoĆ«rskool Robertson. Dit was ‘n groot eer en ek sal nooit die dag vergeet nie.
Motivering
As Rugby Kaptein hou ek my span gemotiveerd deur heeltyd met hulle te praat en ook ‘n voorbeeld te stel. Ek sĆŖ ook altyd vir my spelers om hard te werk tot die laaste minuut en om nooit op te gee nie. Dit is nie altyd maklik nie, maar ek gee altyd 110% en probeer om almal gemotiveerd te hou.
Die vermoĆ«ns/ eienskappe wat ek dink ‘n goeie rugbyspeler oor moet beskik, is om hard te werk, nie maklik opgee nie, hou van uitdagings en om altyd kalm te bly onder druk.
My sleutel tot sukses is om altyd te speel totdat die eindfluitjie blaas. Verder bly ek gedurende die wedstryd gemotiveerd om my beste tot aan die einde van die wedstryd te gee. Ek speel ook om my skool se naam hoog te hou ek bly gefokus en skakel nie af nie. Wat my ook inspireer wanneer ek op die rugbyveld draf vir ‘n wedstryd, is my skool en al die kinders wat nie so bevoorreg is om te kan hardloop en rugby speel nie. Ek speel vir die persoon langs my en vir my span.
Die lekkerste wedstryd as rugby Kaptein, van my loopbaan was ons wedstryd teen HoĆ«rskool Swartland vroeĆ«r vanjaar. Ons was met drie punte agter toe die tyd reeds verstreke was en toe druk ons agsteman ‘n drie in die hoekie. Ons het die wedstryd gewen en dit was ‘n baie lekker gevoel. Aangesien Swartland altyd ‘n groot wedstryd is, was dit lekker om hulle te wen. Die wedstryd wat ek wil vergeet is verlede jaar se interskole teen Charlie Hofmeyr. Ons het die wedstryd met een punt verloor. Dit is nooit lekker om interskole te verloor nie.
Rugbybesluite
Rugbybesluite wat ek geneem het as Rugby Kaptein wat ek dink baie goed was, was ‘n wedstryd wat ek besluit het om twee keer pale toe te skop ipv kantlyn toe. Dit was wel ses kritiese punte wat ons aan die einde van die wedstryd benodig het om met twee punte te wen.
Wanneer ek ‘n moeilike wedstryd gehad het sal ek self na my wedstryd kyk na wat ek verkeerd gedoen het. Ek sal ook altyd vir my pa en broers raad vra. My afrigter sal my ook altyd help wanneer ek ‘n moeilike wedstryd gehad het.
My grootste rugbyheld is Malcolm Marx. Ek hou baie van die manier hoe hy speel en ek wens om soos hy te kan speel. Hy is ‘n groot inspirasie vir my.
As Rugby Kaptein is my persoonlike rugby-doelwitte wat ek graag vanjaar wil bereik, is om een van die Bolandspanne, Akademieweek of Cravenweek te behaal. En dan natuurlik om die Interskole te wen!
Ek beoog om na skool te fokus op my studies hoewel ek graag wil aanhou rugby speel, soos vir die koshuis, maar nie professioneel nie.
Ek hou daarvan om my goed elke week te beplan. Dit is belangrik om ‘n gebalanseerde leefstyl te handhaaf. So verdeel ek my tyd tussen my akademiese, rugby en sosiale verantwoordelikhede.
My grootste enkele hoogtepunt van my rugbyloopbaan was toe ek verlede jaar die Boland XV-tal behaal en by die Akademieweek in Wellington gespeel het.
Die professionele rugbyspeler met wie ek graag wil koffie drink is Malcolm Marx. Hy is ‘n groot inspirasie vir my en ek dink ek sal baie tips by hom kan kry.
Om myself in een woord te beskryf, sal ek sĆŖ: Hardwerkend”.
Rugby Captains
“I started playing rugby at the age of six. Rugby is a competitive and physical sport. It is my passion and I enjoy rugby. I grew up playing rugby and I was at the rugby field every Saturday. I always looked up to all the bigger kids playing rugby!
It’s been a very long time since I played my first rugby match, and I can’t remember a lot of it. What I do remember about my first game is that I was very excited, and I couldn’t wait to start playing. What I also do remember about my first game of rugby is that it was very cold, and everyone wanted the ball. Everyone also ran after ball.
My advice to beginners is that it’s never too late to start. You can start playing at any age and discover your talents. Always work hard you should never give up.
The position I’m currently playing is hooker. I also played No. 6 last year. However, I’m happy with the position I’m currently playing and I’m enjoying it.
The first time I was selected as captain was after our tour and the Oakdale Rugby Week. The first time I jogged onto the field as Rugby Captain I was proud of myself, but also of Robertson High School. It was a great honour and I will never forget the day.
Motivation
As Rugby Captain, I keep my team motivated by talking to them all the time and setting an example. I always tell my players to work hard until the last minute and to never give up. It’s not always easy, but I always give 110% and try to keep everyone motivated.
The abilities/qualities that I think a good rugby player should possess are working hard, not giving up easily, loving challenges and always staying calm under pressure.
My key to success is to always play until the final whistle blows. Furthermore, throughout the match, I remain motivated to give my best until the end of the match. I also play to keep my school’s name high, I stay focused and don’t switch off. What also inspires me when I jog on the rugby field for a game is my school and all the children who are not so privileged to be able to run and play rugby. I play for the person next to me and for my team.
The most enjoyable game as rugby captain of my career was our game against Swartland High School earlier this year. We were three points behind when time had already elapsed and then our eighth man pushed a three into the corner. We won the game, and it was a really nice feeling. Since Swartland is always a big game, it was nice to win them. The game I want to forget is last year’s interschools against Charlie Hofmeyr. We lost the game by one point. It’s never fun to lose interschools.
Rugby decisions
Rugby decisions I made as Rugby Captain, which I think was very good, was a game I decided to kick twice to the posts instead of the side line. It was six critical points we needed at the end of the game to win by two points.
When I’ve had a tough match, I’ll look at what I did wrong myself. I will also ask my father and brothers for advice. My coach also helps me when I’ve had a tough game.
My biggest rugby hero is Malcolm Marx. I really like the way he plays, and I wish to be able to play like him. He’s a great inspiration to me.
My personal rugby goals that I would like to achieve this year are to be included in one of the Boland teams, Academy Week or Craven Week. And then of course to win the Interschools!
After school I intend to focus on my studies, although I would like to continue playing rugby, such as for the hostel, but not professionally.
I like to plan my stuff every week. It is important to maintain a balanced lifestyle. In this way I divide my time between my academic, rugby and social responsibilities.
My biggest single highlight of my rugby career was when I reached the Boland XV last year and played at the Academy Week in Wellington.
The professional rugby player I would like to have coffee with is Malcolm Marx. He’s a big inspiration to me and I think I’ll be able to get a lot of tips from him.
To describe myself in one word, I will say: Hardworking“.
More school news: https://schoolsthatrock.co.za
https://hoerskoolrobertson.co.za/
Image supplied