ATKV Debat. Sewe debatspanne van Hoërskool Ermelo het op Vrydag, 5 Mei, aan die ATKV Debat se streeksuitdunne vir Limpopo en Mpumalanga deelgeneem.
Die Erries het hul uitstekend van hul taak gekwyt en as volg presteer:
Juniors
- EHS wen Lydenburg
- EHS wen Hans Strijdom
Seniors
- EHS wen Pietersburg
- EHS wen Ellisras
- EHS wen Lydenburg
- EHS verloor teen Pietersburg
- EHS verloor teen Hans Strijdom
Drie van die spanne (een junior- en twee seniorspanne) dring vervolgens deur na die semifinaal wat DV op 19 Mei te HTS Witbank plaasvind. Dié bekkige Erries is An-Euné van Niekerk, Mia van Deventer en Karli van Schalkwyk (juniors) sowel as Isabella Burgers en Johan Strauss (seniors) en Mienke Cloete en Zané du Plessis (seniors).
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf