)

PRG Sport – Goeie week van krieket, atletiek, WC XCO, waterpolo

PRG Sport. Paul Roos Gimnasium het ‘n suksesvolle week op sportgebied beleef. ‘n Hoogtepunt vir PRG sport oor die afgelope week is PRG se krieketuitslae. Na afloop van hul wedstryde teen Grey Kollege van Bloemfontein, Paarl Gimnasium, Hoërskool Durbanville en Hoërskool Strand kan die manne trots voel op hulself.

Krieket

Paul Roos se o19-, o15- en o14-spanne het aan 21 wedstryde deelgeneem waarvan hulle met ‘n trotse veertien of 67% van die wedstryde skoonskip gemaak het.  Trotse oomblikke was toe Paul Roos se o19A-span Grey Kollege in 50 boulbeurte en 99 lopies gewen het. Vir Paarl Gimnasium het PRG in 50 boulbeurte met 7 paaltjies geklop. Paul Roos se o15A-span het Grey Kollege met een paaltjie gewen en hul o14A-span met 9 paaltjies.

Atletiek

Paul Roos atlete het 22 medaljes na afloop van die Boland Atletiek Junior Kampioenskappe huistoe gebring. Vier van Paul Roos se atlete het goue medaljes verower tussen 23 en 25 Februarie by die Dal Josephat Stadium.

  • Zak Hickman (o18 hamer gooi)
  • Reuben van der Merwe (o18 spiesgooi)
  • Harrison Gibson (o18 hoogspring)
  • Mark Lester (o16 1500m)
Bergfiets

Dertien Paul Roos bergfietsryers het ook aan die WC XCO #2 toernooi deelgeneem. Uitblinkers op dié gebied was JP du Plessis wat eerste geeïndig het in die Junior-mansafdeling, en Van Zyl Steyn (o16) wat tweede geeïndig het in die Jeug-mansafdeling. 

Waterpolo

Paul Roos Gimnasium se B-, C- en D-waterpolospanne het op 24 en 25 Februarie teen Wynberg Hoërskool gekompeteer. Hulle het in 9 uit 10 van dié wedstryde teen Wynberg as oorwinnaars geëindig.

Foto: JP du Plessis 1ste posisie WC XCO Junior mansafdeling (middel)
Foto: Van Zyl Steyn, 2de posisie WC XCO Jeug-mansafdeling (regs op foto)

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://paulroos.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal