Interhoër Gala. Hoër Meisieskool Oranje het vir ’n agtste keer in ’n ry die Interhoër gala se meisieskole-afdeling gewen. Oranje was ook in drie ouderdomsgroepe die kampioene vir meisiespanne.
Die Oranjeniete het in die o.14-, o.16- en o.19-ouderdomsgroepe geseëvier en het in totaal negentien goue medaljes verower. Dit het vyf aflos-items ingesluit uit die agt wat geswem is. Oranje se o.17’s en o.19’s was albei twee keer aan die wenkant.
Die groot ster onder die meisies was Anieke Helmand. Sy was die voorste swemmer in die ouderdomsgroep 17 jaar en ouer. Anieke het al vyf haar individuele finale gewen.
Die ouderdomsgroep 17 jaar en ouer is deur die oranje-pette oorheers met Anieke Helmand 1ste, Miché Johns (3 goues) 2de, Emma Terblanche (1 goud) 3de en Francisca van Rooyen (2 goud) 4de.
- Oranje se ander gouemedaljewenners is Francis Whelan en Danielle Joubert (1 elk).
- Nanette Jordaan (4 silwer) was Oranje se beste o.16-swemmer en derde algeheel.
- Kaylin Bezuidenhoud (1 goud en 2 silwer) was Oranje se beste o.15-swemmer en sewende algeheel.
- Caileigh de Beer (4 silwer en 1 brons) was Oranje se beste o.14-swemmer en vierde algeheel.
Inter-High Gala
Oranje Girls High won the Inter-High Gala’s girls’ schools division undoubtedly for an eighth time in a row. Oranje were also the champions for girls teams in three age groups. Furthermore the Oranjenites triumphed in the under-14, under-16 and under-19 age groups and won nineteen gold medals in total. This also included five relay items out of the eight swam. Oranje’s under-17s and under-19s were both also on the winning side twice. Without a doubt the big star among the girls was Anieke Helmand. She was also the leading swimmer in the age group 17 years and older. Anieke won all five of her individual finals. The age group 17 years and older was dominated by the oranje caps with Anieke Helmand 1st, Miché Johns (3 golds) 2nd, Emma Terblanche (1 gold) 3rd and Francisca van Rooyen (2 gold) 4th.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf