Miss Photoshoot 22. Tegan Botes, ‘n Graad 11-leerder van Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein, het onlangs ‘n modetoekenning ontvang as Miss Photoshoot 22.
Tegan het ook gedurende Junie vanjaar deelgeneem aan die IATS (International Models Art Talent Show). Tydens hierdie kompetisie moes Tegan ‘n dansitem lewer sowel as op die loopplank loop. Tegan het deurgedring na die tweede rondte van hierdie gesogte kompetisie.
Die tweede rondte van oudisies vind plaas op 1 Oktober in Johannesburg en wanneer internasionale beoordelaars teenwoordig sal wees.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf