Tennis. Hoër skool Outeniqua van George en Hoërskool Framesby van Gqeberha het, ten spyte van ‘n koue dag, mekaar op die tennis baan uitgedaag.
Ses seuns en ses dogters die het die Kwaggas verteenwoordig. Die dubbels het eerste begin waar Outeniqua vier van die ses wedstryde gewen het.
In die enkels het die seuns vyf wedstryde gewen. Ongelukkig kon Ivan Koen nie sy wedstryd speel nie en moes die Kwaggas die punt afstaan. In die dogters enkels het die Kwaggas een wedstryd verloor en vier gewen.
Dit het ongelukkig te donker geraak en daarom kon die laaste wedstryd nie voltooi word nie. Die finale uitslag is 13 – 4 in die guns van die Kwaggas.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf