Con Spirito Kunswedstryd. Op Vrydag, 21 Julie het 21 leerders van Hoƫrskool Ermelo deelgeneem aan die jaarlikse nasionale Con Spirito-kunswedstryd. Die leerders het in die volgende kategorieƫ meegeding in Afrikaans en/of Engels:
- Instrumentaal
- vokaal
- kuns
- skryfkuns
- lees (voorbereid en/of onvoorbereid) asook redenaars (voorbereid en/of onvoorbereid).
Daar is twee uitdunrondes in Mpumalanga gehou: een by HoĆ«rskool Secunda en een by HoĆ«rskool Ermelo. Uit die Mpumalanga-uitdunne het die Erries agtien itemwenners (m.a.w. beste in die provinsie) opgelewer. Indien ān leerder nie as itemwenner aangewys is nie, maar steeds ān hoĆ« genoeg punt behaal het, dring die betrokke leerder steeds deur na die nasionale finaal, bekend as die Forte-ronde. Verskeie Erries het aan meer as een item deelgeneem.
Die uitslae is as volg:
- 70% en hoƫr: 2 items
- 80% en hoƫr: 19 items
- 90% en hoƫr: 30 items.
- ān Ekstra pluimpie aan die twee EHS-leerders wat die hoogste punte behaal het. Marice de Jager (voorbereide redenaars) en Mar-Louise Viljoen (kuns: kleurpotlood). Albei spog met ān skitterende 98%.
Hoƫrskool Ermelo is dankbaar en voel bevoorreg dat veertien leerders daarin kon slaag om deur te dring na die nasionale finaal. Die Erries se Forte-finaliste is as volg:
- Madri van Niekerk
- Mar-Louise Viljoen
- Daniƫl Mostert
- Siyabonga Makhanya
- Dirk Maritz
- Lidmari Sheppard
- Robin Jooste
- Ziyanda Kunene
- Isabelle Moussier
- Chrizanne Joubert
- Nqobile Zwane
- Shoney Erasmus
- Marice de Jager
- ZanƩ du Plessis.
Hierdie leerders gaan DV tussen 20 September en 1 Oktober in Alberton meeding teen al die ander landswye finaliste. Erries wens julle alle sterkte toe met jul laaste voorbereidings en weet dat julle Errie-kultuur se naam hoog gaan hou!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








