Noordvaal Hokkie Uitspele. Alvier Hoërskool Ermelo se dogtershokkiespanne het vanaf 5 tot 9 Augustus aan die Noordvaal hokkie uitspele toernooi deelgeneem. Die o.14A’s en eerstespan was in Potchefstroom by NWU. Erries se o.15A’s het gespeel in Krugersdorp by Hoërskool Monument. Die o.16A’s was by Hoërskool Sasolburg. Die uitslae van die onderskeie ouderdomsgroepe is as volg:
O.14A-span
- 1Ste dag: Wen teen Potch Gimnasium 3 – 0
- Dag 2: Speel gelykop teen Zwartkop 2 – 2
- Dag 3: Wen teen Monument 4 – 2. Eindig eerste in hul poel.
- Dag 4: Verloor 1 – 2 teen Affies in die kwartfinaal. Wen 4 – 0 teen HTS Middelburg in die semifinaal.
- Dag 5: Verloor 2 – 1 in die finaal teen Noordheuwel.
Die o.14A-span eindig sesde in die Noordvaal-toernooi vir Grootskole.
O.15A-span
- Dag 1: Speel gelykop teen Monument 1 – 1
- Dag 2: Verloor teen Menlopark 6 – 0. Wen teen Potch Volkies 6 – 0. Eindig tweede in hul poel.
- Dag 3: Verloor 7 – 0 teen Menlopark in kwartfinaal.
- Verloor 4 – 2 teen Pietersburg in semifinaal.
- Dag 4: Verloor 2 – 1 in die finaal teen Middelburg.
Die o.15A-span eindig agste in die Noordvaal-toernooi vir Grootskole.
O.16A-span
- Dag 1: Verloor teen Dr. Malan 2 – 1. Speel gelykop teen Zwartkop 2 – 2
- Dag 2: Speel gelykop teen Merensky 3 – 3. Eindig derde in hul poel.
Eerstespan dogtershokkie
- 1Ste dag: Speel gelykop teen Waterkloof 2 – 2
- Dag 2: Wen teen Cornwall 2 – 1
- Dag 3: Wen teen Kempton 5 – 0. Eindig eerste in poel.
- Dag 4: Wen 3 – 1 E.G. Jansen in kwartfinaal. Wen 4 – 2 Pretoria Girls High School in semifinaal
- Dag 5: Speel finaal teen Waterkloof en verloor 3 – 0.
Eindig algeheel tweede op die toernooi en kom huis toe met silwer medaljes.
Erries wens elke hokkiespan geluk met indrukwekkende hokkie wat deur die loop van die hele seisoen gespeel is.





Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








