)

Krieket – Erries staan uit by LPL-liga

Krieket – Twee leerders van Hoërskool Ermelo, Adam en Rian Barnard, het ‘n gawe vir krieket. Hulle hou die Erries se naam besonder hoog op die krieketveld.

Hulle is gekies as deel van die Jozi Warriors se o.17-span. Dié span speel tans in die LPL Sports League, Krieket Suid-Afrika.

Hulle word afgerig deur Gareth Flusk. Die krieket wedstryde vind elke Saterdag en Sondag plaas oor ’n tydperk van twee maande. Dit is ’n 16-boulbeurt-formaat en word by verskeie stadions soos Old Parks Randburg en Kempton, gespeel.

Leerders van Gauteng, Northerns, Easterns, Noordwes, Mpumalanga en Limpopo doen aansoek om deel van die span te wees.

Om uit die 600 aansoeke wat daar was, twee van die 120 verkose spelers te wees, is voorwaar ’n besondere prestasie. Bo en behalwe die voorreg om deel van die span te kan wees, speel Rian en Adam uitstekende krieket! Rian was onder andere reeds by ’n wedstryd as man van die wedstryd aangekondig!

Rian en Adam is gekies na aanleiding van vorige krieket-prestasies en “scouting” wat vir dié spanne gedoen word.

Hoërskool Ermelo is met reg trots op Rian en Adam met ’n pragtige krieketprestasie. Hierdie seuns is ook deel van Johann van der Wath se krieketakademie.

Baie sterkte met die wedstryde wat voorlê, asook die harde werk wat dit verg.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Geniet elke oomblik van hierdie reis en mag jul krieketdrome vlerke kry!

Foto’s voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal