)

Krieket – Errie skop krieketseisoen af

Krieket – Hoërskool Ermelo se eerste- en o.16-krieketspan het op Vrydag 29 Julie hul krieketseisoen afgeskop. 

Dié twee krieket spanne vorm hierdie jaar deel van die sogenaamde “Super-Liga” en het te staan gekom teen Hoërskool Secunda. 

By die o.16 krieket span kolf EHS eerste en teken 368 lopies aan. Op hul beurt teken Secunda 369 lopies aan.

Dit was ’n goeie wedstryd waar die twee krieket spanne goeie sportmanskap getoon het. EHS uitblinkers gedurende die wedstryd was EJ Venter, 154 lopies, en Christiaan Horn met 107 lopies. Christiaan het ook drie paaltjies geneem.

Tydens die eerstespan se stryd wen die teenstanders die loot en nooi die Erries om eerste te kolf.  Onder moeilike omstandighede teken EHS se krieket span 159 lopies aan, almal uit.  Die top lopiemaker vir die Erries was Rian Barnard met 44 lopies. 

Secunda steek EHS se telling verby met slegs twee paaltjies plat en wen dus die kragmeting met 8 paaltjies. 

EHS se kaptein, Wian Swart, sorg vir een paaltjie en Kyle Steynberg vir die ander. 

Sterkte met die res van die krieket seisoen, Erries.

Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal