Goue Leeus Rugby Finaal. Hoërskool Florida se 1ste rugby span het Saterdag, 23 Julie, teen Hoërskool Randburg kragte gemeet. Die wedstryd is gespeel in die Goue Leeus Finaal vir Groot Skole. Hoërskool Florida het met Hoërskool Randburg afgereken met ‘n skitterende telling van 43-12.
Hierdie bul-wedstryd het plaasgevind op Randfontein rugby klub se veld, onder die spreiligte. Florida het hul teenstanders uit-oorlȇ in elke fase van die wedstryde. Die agterlyn van Florries was kookwater met 5 drieë. Florida se nr 10, Divan Venter, het 23 van se span se punte aangeteken!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf