)

Oranje Meisieskool – Tweede kwartaal gelaai met prsetasies

Oranje Meisieskool. Wat ‘n kwartaal! Kwartaal 2 van 2022 was ’n besonderse een vir Oranje Meisieskool op vele terreine. Oranje is nederig, dankbaar en baie geseënd. Van die hoogtepunte (in numeriese volgorde):

  • Liné Greyling het die o.18-enkelspeltitel op die nasionale junior tenniskampioenskap verower. Donna le Roux was die o.16-naaswenner.
  • Die o.18A-hokkiespan is weer die St. Mary-toernooiwenners, die 6de keer uit die laaste 7. Die span was onoorwonne in 12 wedstryde en het net in 1 kragmeting ’n doel afgestaan.
  • Vyf redenaars kwalifiseer vir die nasionale rondte van die Radikale Redenaars en 1 vir die Oppie Tong Af.
  • Roline Louw word die nasionale o.18-kampioen in heptathlon (7-kamp) in die 1ste jaar wat sy dit beoefen.
  • Die o.16A-hokkiespan het die JF/SPAR-toernooi gewen. 17 doele is behaal en 0 afgestaan.
  • OMS se 1ste netbalspan het Sentraal se Standard Bank-toernooi onoorwonne afgesluit deur Helpmekaar Kollege in die eindstryd met 17-12 te klop. Die span staan nou op 41 seges uit 44 wedstryde.
Amanda Coetzer-tennistoernooi
  • OMS se 1ste tennisspan is die nie-amptelike SA-kampioen nadat hy Bloemhof in die eindstryd van die ITEC Amanda Coetzer-tennistoernooi met 5-1 geklop het en het dié trofee die 1ste keer sedert 2018 verower.
  • Die 1ste netbalspan het in Pretoria vir Affies, ongetwyfeld SA se toonaangewende netbalskool, die 1ste keer in 11 jaar met 31-26 geklop. Dít nadat die span ná 1ste kwart met 5-12 agter was.
  • Drie OMS 1ste spanne is gelyktydig in die top-3 in die land. Die hokkiespan beklee die nr. 1-posisie op die SA-ranglys en die netbalspan nr. 3. Al is daar nie ’n tennisranglys nie, is OMS sonder twyfel die nr. 1-meisiespan en nog onoorwonne.
  • Die Oranje-koor, as 1 van net 2 uit die Vrystaat, dring deur na nasionale eindronde van ATKV-Applous.
  • Vier leerders word vir die SA-span na die Biathle- en Triathle-wêreldkampioenskappe gekies. Danielle Joubert is die SA o.19-wenner in albei.
  • Die 5 A-netbalspanne sorg vir geskiedenis deur vir die 1ste keer almal in die top-2 in die Vrystaat te eindig, met 4 die provinsiale kampioen.
  • Drie dansers haal die SA-span na die Wêreldkampioenskappe in freestyle.
  • Nege swemmers is in die top-10 van ’n item in hul ouderdomsgroep op die SA-ranglys. In 6 gevalle is hul in die top-5.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjemeisies.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal