)

Marlow Rugby – Hoër Landbouskool Marlow Rugby presteer

Marlow Rugby. Hoër Landbouskool Marlow het Saterdag, 4 Junie, met nege rugbyspanne teen Hudson Park gespeel op Marlow. Marlow Rugby se 0/14C en 4de spanne het ookteen Hoërskool Aliwal-Noord gespeel. Die Wolramme se elf spanne het in al die wedstryde met oorgawe gespeel.

Marlow se 1ste span het reg aan die begin van die hoofwedstryd gewys dat hulle met uitstekende vaste fasette en vurige samespel tussen voor-en agterspelers, ‘n moeilike teenstander gaan wees. Marlow se puik buitesenter, Josiah Weideman, het vroeg agter die pale gaan kuier. Josiah het ‘n skitter wedstryd beleef en het nog twee drieë later in die kragmeting gedruk. Hudson Park het hul eerste verdoelde drie gedruk, nadat Marlow ‘n ongedwonge fout begaan het.

Eerste helfte

Marlow het aan die einde van die eerste helfte twee drieë gedruk en die halftydtelling was 19 – 7 in die Wolramme se guns. Marlow speel in die eerste vyf-en-twintig minute van die tweede helfte vir HP deurmekaar. Die besoekers het geen antwoorde gehad vir Marlow se puik vaste fasette nie. Marlow se Wolramme se verdediging was dan ook genadeloos en dit het veroorsaak dat Marlow ‘n paar spog-drieë druk vanaf omgekeerde besit en effektiewe teenaanvalle gedruk het. Die eindtelling was 51 – 14 in die Wolramme se guns.

Marlow se ander spanne het soos volg presteer:

  • 2de span verloor 17-19
  • 3de span wen 31-0
  • 4de span wen teen Aliwal-Noord se 2de span 31-12
  • 0/16A span speel gelykop 24-24
  • 0/16B span wen 15 – 0
  • 0/15A span wen 24-12
  • 0/15B span wen 21-5
  • 0/14A span wen 33-26
  • 0/14B span wen 28-5
  • 0/14C span verloor teen Aliwal-Noord se 0/14A span 26-28
JR Boffa, vuurvreter vaskopstut van Marlow, is hier op die aanval

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://marlow.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal