Protea Skuts. Marlow Landbouskool, Cradock, is baie trots op hul leerders wat gekies is vir die Nasionale Protea Silhoeëtskietspan. Die seuns het baie hard gewerk en kan met reg trots wees op hierdie besonderse prestasie. Mnr Benninghoff Siebert, Marlow onderwyser en afrigter, is dan ook gekies om die Protea-span te verteenwoordig.
Die Protea-span gaan vanaf 30 Junie tot 10 Julie in Swede aan die Wereld Skietkampioenskappe deelneem.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf