Minister van Onderwys. Dit was ‘n eer en ‘n voorreg vir Hoër Landbouskool Boland in die Paarl om Maandag die nuwe Wes-Kaapse Minister van Onderwys, David Maynier, by die skool te ontvang.
Minister Maynier se besoek was hoofsaaklik om vir hom al die nuwe projekte en vordering by die skool en op hul plaas te wys. Boland Landbou het ook hul groot droom, om die ou melkstalle in ‘n blootstellingswynkelder vir graad 8 tot 12 seuns te omskep, met hom te deel.
Die graad 8-Tegnologie-seuns het die geleentheid gehad om hulle hommeltuigvaardighede as deel van Robotika en Kodering ten toon te stel. In die Landboutegnologiewerkswinkel kon die minister na ‘n hele paar indrukwekkende praktiese take/projekte van die senior seuns kyk. Hy kon ook sien aan watter gevorderde masjienerie die skool hul seuns blootstelling bied.
Op die plaas het hy gaan kyk na hul RFID-beeskrale, die akwaponikatuine sowel as hul nuwe Vinpro proefblok.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf