)

Minister van Onderwys – Hoër Landbouskool Boland ontvang minister

Minister van Onderwys. Dit was ‘n eer en ‘n voorreg vir Hoër Landbouskool Boland in die Paarl om Maandag die nuwe Wes-Kaapse Minister van Onderwys, David Maynier, by die skool te ontvang.

Minister Maynier se besoek was hoofsaaklik om vir hom al die nuwe projekte en vordering by die skool en op hul plaas te wys. Boland Landbou het ook hul groot droom, om die ou melkstalle in ‘n blootstellingswynkelder vir graad 8 tot 12 seuns te omskep, met hom te deel.

Die graad 8-Tegnologie-seuns het die geleentheid gehad om hulle hommeltuigvaardighede as deel van Robotika en Kodering ten toon te stel. In die Landboutegnologiewerkswinkel kon die minister na ‘n hele paar indrukwekkende praktiese take/projekte van die senior seuns kyk. Hy kon ook sien aan watter gevorderde masjienerie die skool hul seuns blootstelling bied.

Op die plaas het hy gaan kyk na hul RFID-beeskrale, die akwaponikatuine sowel as hul nuwe Vinpro proefblok.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://bolandlandbou.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal