)

Onderwyser – Makker oppad na aftrede!

Onderwyser – Mnr Andre Pottas, onderwyser, departementshoof en kollega van Hoërskool Witteberg, in Bethlehem is oppad na aftrede!

Aftree en Groet:

Dit is altyd moeilik om verlief te neem van ‘n ware onderwyser en opvoeder wat die onderwysberoep verlaat.  Die baie mooi herinneringe en oomblikke gedeel met mnr Andre Pottas as onderwyser, departementshoof, kollega en vriend van Witteberg, sal Hoërskool Witteberg altyd bybly. Na 28 jaar en 5 maande tree hy as onderwyser uit. Sy gelyke is moeilik te vind en hy gaan beslis onthou word vir sy besondere taalvernuf, skerp kwinkslae en lojale karakter. Elke Witteberger kan vandag getuig hoe meneer Pottas inspraak gehad het in hulle opvoeding. Hy het aan elke leerder gewys hoe ‘n positiewe ingesteldheid teenoor enige situasie jou leer om ten volle te leef. 

Stap elke dag in die lig van God se wysheid:

Mag die opgewondenheid van elke sonsopkoms meneer elke dag ontvang. Mag daar daagliks gestap word in die lig van God se wysheid en mag die gesprekke en boodskappe vanaf oudleerders en kollegas, meneer daagliks herinner aan die grensverskuiwende werk wat meneer by Witteberg gedoen het. 

Ons salueer jou makker, mnr Andre Pottas!!!

Uit Mnr Pottas se Pen

Aan almal met Bloubloedare

Soos enige ander dag het my laaste dag by Witteberg aangebreek, die son skyn, die klok lui en skielik is die dag se grootsheid vir my oor.  Die cliché lui dat die oog die hart se venster is, maar vandag was dit vir my net te werklik.  Die kyke in kollegas en kinders se oë, was vandag vir my gemoed net te veel.  

Genade en dankbaarheid

Soveel genade, dankbaarheid, lofprysings, geskenke, noem maar op, het ek nie regtig verdien nie.  Dit wat ek vandag kon meemaak, moet sekerlik wees soos ‘n blinde wat braille lees.  Die oë,  net soos die vingers wat die voellees doen,  kan nie lieg oor wat gelees word nie. Ek is eintlik maar net nog ‘n gewone mens/onderwyser.

Witteberg het my gemaak wat ek is, en as dit suksesvol is, dankie aan alle Wittebergers.  Ek verlaat die skool vandag met ‘n gevoel van dankbaarheid, maar die skool sal maar sukkel om my te verlaat.

My Klaskamer

Die klaskamer was vir my soos ‘n verhoog en die kinders was my gehoor.  Gehore deur die jare het my elke dag tot nuwe hoogtes gedwing.  Geen klasaanbieding was vir my sleg nie, want die jeug is soos sponse. Altyd reg vir kennis, jy kan en durf geen kind onderskat nie.  Kennis is verseker nie net boekekennis nie, daar is soveel waarhede en sommer net laggeleenthede wat wag om gedeel te word.  Daar is net te veel stories in die lewe om te deel. Moenie jou kosbare verteltyd aan die negatiewe dinge rondom jou afstaan nie. 

Aan my hoof, mnr. Hannes, mede onderwysers, die Afrikaanse Departement, vriende, ouers, oud-leerlinge,  en almal wat die lewe as ‘n voorreg sien, julle maak mens Menswaardig, Geliefd en Bevoorregd.

Hou by die BLOU.

Makker Pottas

Vir oulaas uit die Pen, van mnr Andre Pottas (Makker)

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://witteberghs.co.za/

Foto voorsien.

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal