)

ANHS Hokkie – Hoërskool Aliwal-Noord vs Hoërskool Cradock

ANHS Hokkie. Die afgelope naweek het ANHS hokkie teen Cradock verwoesting gesaai op die hokkieveld.

Die wedstryd was die eerste amptelike ANHS hokkie wedstryd van die seisoen vir Alies se 2de span. Hulle het hulself egter uitstekend van hul taak gekwyt. Alies was sommer van vroeg al op die aanval en het die Cradock meisies gereeld verras met goeie spanwerk en doelgerigte afronding. Hulle slaag daarin om die wedstryd 3-0 te wen.

ANHS se 1ste hokkiespan was egter die span van die dag. Na ‘n blitsvinnige doel aangeteken deur Cradock in die eerste drie minute van die westryd, het alle tekens daarop aangedui dat dit ‘n harde wedstryd was wat sou volg. Die Alies het dadelik vir alle toeskouers, hul skool en natuurlik hulself, gewys hoeveel karakter en veggees in hulle steek. Hulle het hul koppe gelig en onmiddellik die res van die wedstryd vir Cradock ‘n uitsonderlike ANHS hokkie-les geleer!

Te midde van koue en reën was die res van die westryd vir die Alie-span ‘n afdraende sege. Alies het ongelooflike doele geskiet van hoë gehalte en wen die wedstryd 5-1. Een van die beste wedstryde nog teen ‘n baie goeie Cradock span.

Wel gedaan Alie hokkie bokkies!

ANHS 2de hokkiespan

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.facebook.com/AliesANHS/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal