SASAPD. Frané Swart, graad 12-leerder van Hoërskool Ermelo, het aan die SASAPD (South African Sport Association for the Physically disabled) deelgeneem.
Frané het in al drie haar items tweede geëindig, ten spyte van die feit dat sy as agtienjarige in die dames o/20-ouderdomsgroep moes deelneem. Haar items is verspring, 100m en 200m waarin sy in laasgenoemde haar persoonlike beste tyd aangeteken het tydens die byeenkoms.
Frané se nuwe seisoen vir atletiek begin weer in Augustus.
Die Erries is baie trots op Frané en die harde werk wat sy deurentyd insit om sukses te bereik. EHS wens haar alle sterkte toe vir die komende seisoen, maar ook haar atletiek-toekoms.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf