)

Wintersport – EHS behaal gemengde welslae

Wintersport. Hoërskool Ermelo sportspanne het gemengde welslae behaal tydens hul wintersport byeenkomste. Op Woensdag, 20 April, het die eerstespan seunshokkie te staan gekom teen Hoërskool Standerton. Die Erries het die ligawedstryd gewen met ‘n telling van 5 – 2.

Op Vrydag, 22 April, speel albei seunshokkiespanne van EHS teen HTS Middelburg in ‘n vriendskaplike wedstryd. Die o/16-span verloor die stryd met 0 – 3. EHS se eerstespan eindig gelykop met een doel elk.

Die dogtershokkie se tweedespan het ook hul wedstryd teen HTS Middelburg gespeel op Vrydag 22 April. Hulle het as oorwinnaars van die veld gestap met ‘n besondere telling van agt doele teenoor nul.

Op Saterdag, 23 April, was dit die res van die hokkiedogters se beurt om hul man te staan teen HTS Middelburg. Hierdie span het uitstekend gevaar. Die uitslae is as volg:

  • o/14A-span wen 6 – 0
  • o/15A wen 1 – 0
  • o/16A verloor 0 – 2
  • Hoërskool Ermelo KS Clothing Eerstespan dogtershokkie wen met vyf doele teenoor nul.

EHS se rugbyspanne behaal gemengde welslae:

  • o/14A-span verloor 7- 15,
  • o/14B-span verloor 0-48
  • o/15A-span verloor 7-36
  • o/15B-span verloor 5-27
  • o/16A-span wen met 24 punte teenoor 15
  • o/16B-span verloor met 5-26
  • EHS se derde span verloor met 5 -13
  • tweedespan wen, na ‘n harde stryd, met ‘n telling van 22-19
  • die eerstespan verloor ongelukkig met twaalf punte teenoor 33.
Aloné Arnoldi

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal