Skipskop Musiekblyspel. Op Maandag, 4 April, het al die Skipskop-hoofkarakters van Hoërskool Punt in Mosselbaai vroeg-oggend reeds bymekaar gekom vir ‘n lywige oefening. Ja, sommer so op die vakansiedag – vir die Skipskop Musiekblyspel!
Daar is hard geoefen maar ook lekker gelag. Groot was die opwinding, toe die fenominale akteur, Wilhelm van der Walt sy kennis, ervaring en raad met hulle kom deel het. Wilhelm is bekend vir sy rol as “Ty Prinsloo” in die sepie, 7de Laan maar ook vir films soos Mannetjies Roux en Projek Dina. En wie kan sy onvergeetlike toneelspel in Boland Moorde en Fynskrif vergeet?!
Meer onlangs was hy te sien by die KKNK in Ek, Anna van Wyk wat met 10 Kannas benoem is. Wilhelm is ook benoem as beste byspeler – voorwaar iets om op trots te wees. Wat ‘n voorreg om by die beste van die bestes te kon leer! Leerders kon by hom kers opsteek en meer leer oor die verhoog, stemproduksie en toneelspel.
Wilhelm het met ‘n paar vars idees navore gekom wat defnitief aangewend gaan word in Punt se Skipskop Musiekblyspel. Dit sal einde Mei op die planke wees. Moet dit beslis nie misloop nie!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.pointhighschool.co.za/
Foto’s verskaf