Fichardtpark Sportdag. Hoërskool Aliwal-Noord se rugby- en hokkiespanne het Saterdag deelgeneem tydens die Fichardtpark Sportdag in Bloemfontein.
Rugby uitslae:
- Onder 14’s wen 32 – 0 teen Jim Fouche se B span
- Onder 15’s verloor 17 – 10 teen Goudveld o/ 15 A
- Onder 16’s verloor 64 – 0 teen Goudveld o/16A
- 1ste Span wen 19 – 0 teen Hentie Cilliers o/19A
Punte aangeteken by die 1ste span is soos volg: Marco Langenhoven slaag met 2 doelskoppe, Buhle Moyake, Duran Sauer en Hlumelo Siciko druk elkeen ‘n drie.
Dit was ‘n heel suksesvolle dag op die rugbyveld en daar is groot verbetering getoon.
Hokkie uitslae:
ANHS se eerste hokkiespan speel teen Jim Fouche se 0/19 B span. Die dogters het puik hokkie opgedis en klop hul opponente 4-0!
Alies is baie trots op hul hokkie dogters.


Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








