)

Krieket-kapteins – Ruben Aucamp vertel ons meer oor sy kapteinskap

Krieket-kapteins. Schools That Rock gaan oor die volgende aantal weke met verskeie skole in Suid-Afrika se 1ste span krieket kaptein gesels. Ons tweede bal word geboul aan Ruben Aucamp, kaptein van Hoërskool Linden se 1ste krieket span.

“Ek het op die ouderdom van sewe jaar begin krieket speel. Ek het van kleins af elke Sondagmiddag vir my pa op die krieketveld gekyk en my passie het maar net van daar af begin groei. Aan die begin het ek baie gesukkel om kop te hou en ek wou net elke bal wat geboul was uit die skool uit slaan! Dan het ek gewoonlik my paaltjie vinnig verloor.

Kapteinskap

In Graad 9 is ek vir die eerste keer as die onder 16 span se kaptein gekies en in die begin van gr 11 is ek as die eerste krieketspanspan se kaptein aangewys. Ek beskou die grootste taak van ‘n kaptein om positief te bly wanneer tye op die veld en in die nette moeilik raak. Dit is belangrik vir ‘n kaptein om ‘n voorbeeld te stel vir die span en die positiewe uit situasies te sien. Dit is iets wat ek myself met elke wedstryd en oefening aan moet herinner. Ons span oefen elke Maandag, Woensdag en Donderdag.

Ek kon my opgewondenheid nie binne hou toe ek my eerste wedstryd gespeel het. Dit was maar ook baie stresvol gewees met my maag wat die hele dag gedraai het. Mens droom mos maar groot voor elke wedstryd!

Myns insiens moet ‘n goeie krieketspeler die wedstryd op en af van die veld kan interpreteer en half vooruit planne maak. Jy moet verwag dat die bal elke liewe keer na jou toe gaan kom en jy moet kan kalm bly  en kop hou onder druk. ‘n Goeie krieketspeler moet ook opbouend wees want krieket bly wel ‘n spansport en somtyds moet jy jou spanmaats ophelp uit moeilike omstandighede. ‘n Goeie krieketspeler moet ook weet hoe om jouself op te tel as ‘n wedstryd nie loop soos jy beplan het nie.

Sleutel tot sukses

Ek beskou die sleutel tot sukses op die krieketveld om altyd net te verbeter op die vorige wedstryd se resultate. My beste krieket kom op die dae wat ek nie te veel druk op myself sit nie. Ek probeer om aan ander goed te dink wat nie met krieket te doen het nie, maar terselfdertyd om nie my aandag heeltemal van die wedstryd af te haal nie.

My grootste inspirasie op die krieket veld is definitief om my pa trots te maak. Die rede hoekom ek van krieket begin hou het, is my pa. Daar is nie ‘n wedstryd waar hy nie langs die veld was om my te  ondersteun nie (voor die hele Covid situasie natuurlik).

My grooste held is Ben Stokes nadat hy die wedstryd teen Australië by Headingly gewen het.

Kolf bo boul

Ek verkies om te kolf bo boul. My gunsteling wedstryd sal moet wees toe ons in Graad 9  Queens gewen het om in die kwart finaal te speel van die Johnny  Waite Liga. Ons het daai wedstryd as baie groot ‘underdogs’ ingegaan. Dit was egter ‘n baie goeie gevoel gewees toe ons Queens met die tweede laaste bal van die wedstryd uitgeboul het!

My kolfbeurt wat my altyd sal bybly, was toe ek 254 van 131 balle teen Midrand geslaan het!

Ek hanteer druk op en van die veld deur nie my gedagtes op krieket se stres self te fokus nie. Deur aan ander goed te dink wat glad nie iets met krieket te doen het nie, hanteer ek druk. Dit is egter ook nie so erg dat ek myself uit die wedstryd haal nie. Ek funksioneer nie goed onder stres nie en dus probeer ek so goed as moontlik die stres te elimineer deur om aan iets te dink wat geen stres aan gekoppel het nie.

Beginners

My raad aan mense wat nou-net begin krieket speel is net om dit te geniet. Dit is belangrik om kompeterend te wees maar ek het heeltemal te laat in my loopbaan my krieket begin geniet. Ek sal enige iets wou gee om terug te gaan na die begin toe net om dit al die pad te geniet.

Na ‘n swak wedstryd is my pa weereens die eerste persoon wat ek gaan vra vir raad. Hy is die persoon wat my die heel beste ken en hy weet altyd wat om vir my te sê. Hy is eerlik met wat ek verkeerd gedoen het, al is dit nie altyd lekker om te hoor nie. Ek gaan dink altyd daaroor na en besef dan hy is eintlik reg.

Ons het ook ‘n ‘nar’ in ons span, Juan Oosthuizen. Hy is ook die persoon wat al die gees in die span  bring met sy flou grappies op en van die veld af. Enige span het iemand met ‘n goeie humorsin nodig.

Francois Steyn

As ek moet dink aan die speler wat my die meeste verras tydens wedstryde, is dit Francois Steyn. Hy verras my oor die algemeen wanneer ons span in ‘n moeilike sitiuasie is. Hy kry altyd ‘n manier om die druk beter te hanteer as die seniors in die span.

Die bouler wat ek tot dusver die gevrees het, is Niel Gerber. Hy was in matriek gewees toe ek in Graad 10 by die eerste span aangesluit het. Ek onthou ons het ‘n wedstryd teen Fourways gespeel waar hy 9 paaltjies daai aand gevat het. Van toe af het ek baie  versigtig in die nette by die oefeninge ingestap!

Ek kyk gereeld na krieket op die televisie. Ek hou daarvan om nuwe tips op te tel by mense wat die sport baie professioneel speel. Dit herinner my aan my doel van waar ek eendag wil wees.

Ek spandeer my vrye tyd deur te jag. Ek hou baie daarvan om die natuur te wees.”

Foto’s verskaf

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://linden.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal