Sport: hoogtepunte 2021. Sport vorm ‘n groot deel van Schools That Rock se berigte. Die meeste van ons lesers geniet die skole sport wat ons bied. Schools That Rock kyk terug na verskeie sport hoogtepunte van Vrystaatskole gedurende 2021. Sport news play an important role at Schools That Rock. We look back at the sport highlights of the Free State schools during 2021.
Hiermee ‘n aantal van ons sport hoogtepunte 2021 van Mei 2021.
Fietsry
Hoërskool Witteberg: Johan Botha en Erich Prinsloo van Hoërskool Witteberg in Bethlehem het aan die Aamohela MTB Wedren deelgeneem en omtrent amok gemaak!
Johan eindig eerste in die 55km van die “1 day entries” met ‘n tyd van 2h 53min 16 sec. Erich het agtste in die 43km van die “one day entries” met ‘n tyd van 2h 49min 25 sec geëindig.
Tennis
Hoër Meisieskool Oranje: Donna le Roux, 13-jarige sportster van Oranje, is die Suid-Afrikaanse o.14-tenniskampioen.
Sy het in die eindstryd van die junior nasionale kampioenskappe in Bloemfontein met 6-2, 6-0 teen Runé van Wyk van Gauteng klaargespeel. Dít nadat sy in haar halfeindstryd ook in skoon stelle met 6-2, 6-1 geseëvier het.
Saam met die eer as die beste o.14-speler in die land, is die bonus van deelname aan die WTA Future Stars-eindronde in China later vanjaar. Daar sal sy teen die res van die wêreld se topspelers van meer as 25 lande in haar ouderdomsgroep meeding.
Ansoné Theron is op haar beurt die o.14-dubbelskampioen. Sy en Morgan Jordaan van Gauteng het saamgespan om die o.14-titel vir meisies te buit. Die 16-jarige Liné Greyling het self uitstekend gevaar deur tot die halfeindronde vir meisies o.18 te vorder.

Hoërskool Goudveld: Carli du Plessis het deelgeneem aan die Tennis SA Mini Series Toernooi te Bloemfontein, Vrystaat.
Sy was in die 0/14 Dogters (Gold) Groep ingedeel. Hier het Carli in die finale 2de plek in haar groep verower.

Primêre Skool Jordania: Mieke le Roux van Primêre Skool Jordania van Bethlehem het skitterend presteer by Pro-Kennex en Grothpoint FS Super 8 tennistoernooie. Sy het die volgende uitslae behaal:
Pro- Kennex FS Mini2 – 0/12 Gold – 1ste, Dubbels wenners; Pro-Kennex FS Mini3 – 0/12 – 3de, Dubbels wenners; Growthpoint FS Super 8 0/12 – 22ste uit 61, Gold dubbels wenners; Pro Kennex FS Mini 4 – 0/12 4de, Dubbels wenners.

Hockey
Eunice High School: Well done to Eunice’s 1st Hockey Team ranked 1st (jointly with NWU u21) at the NWU Eagles Festival!
They displayed great hockey skills/structure and drew the final 1-1 on 2 May.

Bethlehem Voortrekker Hoërskool: Ntsopa Mokoena is gekies vir o/21 Suid-Vrystaatspan! Dit is ‘n baie groot prestasie. Sy speel tans ook vir BVHS se Eerste Hokkiespan.
Sy het die afgelope naweek aan die NWU se o/21 toernooi deelgeneem wat in Potch plaasgevind het.

Netbal
Hoërskool Sentraal: Die Tralie-netbaldogters het hard gewerk en wen op 6 Mei in hul liga-bepaling teen Hoërskool Fichardpark.
Netbaluitslae: Sentraal o. 19B wen Fichardtpark 33-22; Sentraal o. 16A verloor Fichardtpark 13-15; Sentraal o. 16B wen Fichardtpark 17-9; Sentraal o. 16C wen Fichardtpark 15-11; Sentraal o. 15A wen Fichardtpark 19-18; Sentraal o. 15B wen Fichardtpark 22-3; Sentraal o. 15C wen Fichardtpark 22-2; Sentraal o. 14A wen Fichardtpark 24-14; Sentraal o. 14B wen Fichardtpark 14-8; Sentraal o. 14C wen Fichardtpark 18-4; Sentraal o. 14D wen Fichardtpark 13-2.

Soccer
Grey College: The Grey College Soccer teams had a weekend filled with matches against FC All Stars from Thaba Nchu and Navalsig at the Windmill Soccer Complex.
U14 beat FC All Stars 5-1; U17 team 1 beat FC All Stars 5-1; U17 team 2 beat FC All Stars 4-2; U17 team 3 lost against Navalsig u17 2-4; 1st team drew 3-3 against Navalsig Football Club u21’s.

Athletics
Eunice High School: Well done to Eunice’s Cross-country athletes that took part in the league.
Results: Girls U14 – Inge van Staden placed 1st; Girls U15 – Anke van der Poel placed 2nd and Taylor Botha placed 6th.

Netbal
Hoërskool Fichardtpark: Netbal vs Eunice High School. Die volgende netbal-uitslae is behaal tussen Fichies en Eunice:
19 A wen 29-28; 17 A vriendskaplik wen 20-16; 16 A wen 25-5; 16 B wen 15-2; 15 A verloor 12-14; 15 B wen 11-9; 15 C verloor 4-11; 14 A wen 29-11; 14 B wen 32-11; 14 C verloor 4-13; 14 D verloor 5-12.

Trampolien
Hoërskool Fichardtpark: Miguel Ribeiro van Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein het tydens ‘n trampolien-kompetisie in Port Elizabeth ‘n goue medalje in die Euro trampolien en dubbel mini trampolien-items verwerf het.

Krieket
Hoër Meisieskool Oranje: Party meisies droom van ’n Protea-netbalromp of ’n hokkie een van groen-en-goud. Dan kry jy iemand soos Miané Smit (gr. 10) wat drome koester om eendag ’n Protea-kriekethemp oor haar skouers te trek. Miané is iemand wat die wilgerlat met mening kan swaai. Daarvan getuig ’n kolfbeurt van 135 lopies wat sy as o.13-speler gemoker het. Sy was vroeër vanjaar vir die Vrystaat senior span gekies om in die Nasionale Vroueweek te speel.
Einde 2019 was Miané as 14-jarige die jongste lid van die Vrystaatse o.19-meisiekrieketspan en boonop die kaptein. Haar voorliefde vir krieket het al van vroeg begin toe sy saam met haar pa, boeties en nefies in hul agtertuin krieket gespeel het. Haar eerste krieketwedstryd was in gr. 1. Buiten haar balvaardigheid as netbalspeler is sy uitstekend met die kolf en het sy al verskeie sesse geslaan.
Miané is ’n veelsydige speler wat wegbrekers as draaibalbouer afstuur. Net so veelsydig soos wat sy op die krieketveld is, is sy op ander gebiede.
Sy speel netbal, was vroeër ‘n goeie atleet en presteer in akademie (sy staan 4de in haar graad). Volgens haar moet ’n mens hard werk, jou passie vir die sport uitleef en oor ‘n sterk geestelike ingesteldheid beskik.Sy motiveer haarself deur te sȇ: “Kyk vir die bal. Ek is in beheer. Ek soek lopies.”
In die krieketseisoen oefen sy twee uur per dag. In die buiteseisoen spandeer sy minstens vier uur ‘n week.
Haar rolmodel is Laura Wolvaardt wat al van ‘n jong ouderdom vir die Protea-vrouekrieketspan speel en een van die topkolwers in die wȇreld is.

Rugby
St Andrew’s and Grey College: To commemorate 140 years since the first Rugby match in the Orange Free State on 4 June 1881, played between the two schools, the captains of Saint Andrew’s and Grey College met up this morning.
In a season without any matches, it was a good chance to talk a bit of rugby!

Meer nuus/ More news: https://schoolsthatrock.co.za
Become a Sponsor








