)

Worcester Gimnasium – Schools That Rock gesels met Stefan Lötter

Worcester Gimnasium. Dit is vir Schools That Rock  ‘n voorreg om ‘n paar vrae te vra aan Stefan Lötter, Hoofseun vir 2022, van Worcester Gimnasium.

Stefan, hoe sien jy jou rol as hoofleier van jou skool?

Ek sal beslis die verandering in Worcester Gimnasium wil bring wat ek as baba-Bosvark wou sien. COVID-19 het ‘n drastiese uitwerking op, nie net Worcester Gimnasium nie, maar die land se skole gehad. So ek gaan hard werk om Worcester Gimnasium terug te draai na “normaal” – met ons oë op die wenpaal en ons visie vir die toekoms as ‘n skool.

Hoe het die afgelope 4 jaar by Worcester Gimnasium jou vir die rol as leier voorberei?

Ek glo vas in die spreekwoord: “Wat jy saai, sal jy maai.” En dit is presies wat ek gedoen het. Met my skool se waardes as riglyn: integriteit, omgee, verantwoordelikheid, respek en toewyding, het ek in  alles 110% gegee en elke moontlike geleentheid met albei hande aangegryp.

Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?

Juffrou Ivanca Noble (onderwyseres by Worcester Gimnasium).

Watter studieriging beoog jy na skool?

Ek mik vir regte (BA LLB). Dis al lank ‘n droom van my om ‘n prokureur te word.

Wat staan vir jou die meeste uit by Worcester Gimnasium?

Die diversiteit in die skool waar almal, ongeag verskille in ras, kultuur en geloof, een is. Almal word aanvaar – nieteenstaande jou agtergrond of verlede.

Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?

Ek stem 100% saam dat sport wel verpligtend moet word in skole, want sport sal sekere waardes vaslê en eienskappe soos selfvertroue, volwassenheid en selfdisipline, opskerp. Sport is ook ‘n ideale manier om van studeer-stres ontslae te raak. As sport verpligtend is, sal dit ook vir baie leerders die geleentheid bied om nuwe mense te ontmoet.

Wat het jy die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?

Pouses. Definitief pouses.

Wat is jou doelwitte vir Worcester Gimnasium tydens jou dienstermyn?

Om Worcester Gimnasium weer te herstel soos na voor die pandemie, maar nie net te herstel nie, om die skool na nuwe hoogtes te neem.

Wat motiveer jou om jou ideale te bereik?

 “Be the change you wish to see” is my motivering om my ideale te bereik, ongeag hoe maklik of moeilik.

Hoekom sou jy leerders aanraai om ook deel van jou skool te word?

Ongeag jou ras, kultuur, geloof, identiteit, agtergrond, verlede, ens. – word jy hier onvoorwaardelik deur almal aanvaar.  Worcester Gimnasium het beslis ‘n plek vir almal.

Wat is jou toekoms-ideale?

My toekoms is alles in die Here se hande. Waar die Here my plaas, sal ek groei.

Foto verskaf

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.worcgim.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal