)

Junior Rugby – Paul Roos Gimnasium Junior Rugby-akademie

Junior Rugby. Paul Roos Gimnasium het op 22 Oktober sy eerste oefensessie van die Junior Rugby-akademie aangebied. Dit het plaasgevind in samewerking met Rudolph Optics, PRG se premium sportborg. “Spelers van regoor die Wes-Kaap het die sessies bygewoon. Dit is ‘n duidelike bewys van die behoefte wat bestaan vir ‘n afrigtingskliniek van hierdie aard. Dit is ‘n groot voorreg vir Paul Roos om so vroeg reeds kennis te maak met die entoesiastiese jongmanne wat met oorgawe aan al die aktiwiteite deelgeneem het”. – Stephan Jordaan, Hoof van Sport.

Doel van oefensessies

 Die doel van hiérdie oefensessies is om o/10-, o/11- en o/12-spelers van regoor die Wes-Kaap die geleentheid te bied om hul vaardighede op te skerp. Covid-19 het ‘n reuse invloed op skolesport gehad. Die gevolg is dat die meerderheid spelers bykans twee jaar gelede rugby gespeel het. Deur die akademie het bykans tweehonderd-en-twintig spelers, van een-en-dertig verskillende laerskole oor die Wes-Kaap, weekliks die geleentheid gekry om rugby te oefen en hul vaardighede ten toon te stel.

Oefensessies word behartig deur PRG se rugbyafrigters onder leiding van Corné Uys. Hy is die nuut-aangestelde hoof van rugby, by Paul Roos Gimnasium.

Oefensessies 2022

Altesaam sewe sessies is sedert 22 Oktober aangebied. Die laaste sessie vind vandag, 3 Desember, plaas.  PRG beplan dat oefensessies gedurende 2022 sal voortgaan. Dit bied spelers die geleentheid om hul vaardighede op te skerp, aktief te wees en om nuwe vriende te maak.

Enige speler is welkom om in 2022 aan te sluit. Die datums sal eersdaags op die skool se webblad en op sosiale media bekend gemaak word. Koste beloop R300 per kwartaal vir nuwe spelers wat in 2022 wil aansluit.  Elke spelers sal ‘n T-hemp ontvang.  Kostes vir spelers, wat reeds in 2021 deel van die akademie was, beloop R150 per speler. Sessies vind vanaf 15:30 – 16:45 op Vrydaemiddae op die velde van die Markötter Sportkompleks plaas.

Foto’s verskaf

Meer skolenuus:

https://schoolsthatrock.co.za

https://paulroos.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal