JF Koshuis. Hoërskool Jim Fouché van Bloemfontein verwelkom hul nuwe inwonende koshuisouers, Soné en Johan Janse van Rensburg, vanaf Januarie 2022. Soné is ‘n Oud-JF’er. Sy beskik oor ‘n B.ED (VOO) graad met Engels, Tegnologie, Lewenswetenskappe en LO. Sy is die Graad 8 graadhoof vir 2022 asook die Engelse onderwyseres vir Graad agt tot twaalf. Soné sal ook optree as netbal- en pluimbalafrigter.
Johan beskik oor ‘n B.A. Kommunikasie graad en is tans besig met sy B.ED (Senior en VOO) graad. Hy is die Afrikaanse onderwyser by Academy of Excellence en het ‘n groot liefde vir sport.
Soné en Johan is vier jaar gelukkig getroud en vier pragtige 4-voet kinders.
Baie sterkte
Foto verskaf