)

Hoërskool Wonderboom – Schools That Rock gesels met Sonique Gilardi

Hoërskool Wonderboom. Dit is vir Schools That Rock  ‘n voorreg om ‘n paar vrae te vra aan Sonique Gilardi, Hoofdogter vir 2022 van Hoërskool Wonderboom, Pretoria.

Sonique, hoe sien jy jou rol as hoofleier van Hoërskool Wonderboom?

My rol as hoofleier by my skool is om ‘n voorbeeld van ‘n ware Wonnie te stel. Om my skool te lei.

Hoe het die afgelope vier jaar by Wonnies jou vir die rol as leier voorberei?

Ek het baie lesse geleer oor wanneer om iets te doen en wanneer nie. Die vier jaar in Hoërskool Wonderboom het my al die waardes en tradisies van die skool geleer, sodat ek dit kan voort dra vir nuwe generasies.

Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?

Ek het twee persone wat albei inspirasie en mentorskap bied. Die persone is my ma en een van my onderwysers by die skool.

Watter studieriging beoog jy na skool?

Ek wil krimenele regte gaan studieer.

Wat staan vir jou die meeste uit by Hoërskool Wonderboom?

Die hardewerk wat deur die onderwysers en leerders ingesit word om die skool te verbeter. Asook hoe ons saam as ‘n skool kan staan en mekaar kan ondersteun wanneer ons mekaar nodig het.

Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?

Nee, sommige kinders voel veiliger op ‘n ander gebied en dit is nie noodwendig die sport-gebied nie.

Wat het jy sover die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?

Om vriendskappe te bou.

Wat is jou doelwitte vir jou dienstermyn?

Om kinders ‘n bietjie meer positief te sien skool-toe kom en gelukkig te wees as hulle by die skool is.

Wat motiveer jou om jou ideale te bereik?

Ek bepaal my toekoms, my verlede en huidige situasies. Harde werk kom verder as enigiets anders.

Hoekom sou jy leerders aanraai om ook deel van die Wonnies te word?

By Hoërskool Wonderboom leer jy jouself ken met die hulp van onderwysers, afrigters en vriende. Hierdie skool bied vir jou geleenthede wat jy nie sommer enige plek kan kry nie. Hoërskool Wonderboom is die skool van geleenthede!

Wat is jou toekoms-ideale?

‘n Suksesvolle en gelukkige toekoms. Wat met harde werk verdien was.

Foto verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal