Atletiek. Juané le Roux, ‘n graad 8-leerder van Hoërskool Nelspruit, het die Suid-Afrikaanse- én Afrika-rekord vir diskus dogters o/17 in die F46-klas gebreek. Sy verbeter die Afrika-rekord van 21,35 en SA-rekord van 15,53m na 31,70m.
Hierdie prestasiehet Juané gelewer tydens ‘n kwalifiserende byeenkoms by Germiston stadion vir die SA Paralimpiese Atletiekkampioenskappe wat van 18 tot 20 Maart 2022 op dieselfde stadion plaasvind. Atletiek is deel van haar toekomsplanne en Juané wil graag Suid-Afrika by die Paralimpiese Spele in 2024 in Parys verteenwoordig.
Baie geluk, Juané! Die Nellies is trots op jou.
Foto verskaf
Lees meet oor NHS: