Afrika Streek 5-Jeugspele. Vier leerders van die Hoër Meisieskool Oranje, Bloemfontein, Germarie Spershott, Johani van Tonder, Karla Victor en Liné Greyling is vir die Suid-Afrikaanse span na Afrika se Streek 5-Jeugspele gekies. Dit vind vanaf 3 tot 12 Desember in Lesotho plaas.
Germarie Spershott (400 m-hekkies) en Johani van Tonder (driesprong) is in die atletiekspan. Karla is in die netbalspan en Liné gaan vir die tennispan speel. Karla (16 jaar oud) en Liné (17) is albei die jongste lede in hul sportsoort.
Foto verskaf
Lees meer oor Oranje: