Proefblok word aangeplant. Die Junior Landbouvereniging van Hoër Landbouskool Boland in Paarl, het die behoefte uitgespreek om ‘n proefblok aan te plant.
Hiervoor het hul hande gevat met Vinpro. Hulle gaan 30 nuwe kultivars vestig wat nog nie voorheen in die land geplant is nie.
Saam met die proefblok wat aangeplant word, gaan daar ook nuwe opleidingmetodes en snoeitegnieke betrokke wees. Hoër Landbouskool Boland baie dankbaar vir die borge wat hulle gaan help met die Proefblok. Hauptfleisch help met die dolwerk, wat reeds afgeskop het. Bergrivier Besproeiing borg die besproeiing en Die Koöperasie skenk al die opleidingsmateriaal.
Hierdie proefblok gaan beskikbaar wees vir studiegroepe. Indien u wil deel word van hierdie besonderse projek, kontak gerus vir Boland Landbou by kh@bolandlandbou.com.
Meer oor Hoër Landbouskool Boland: